Tuis

WANNEER KONDIG ONS DIE WENNER AAN?

DIE WENNER SAL NOU IN DIE UITGAWE VAN 1 SEPTEMBER AANGEKONDIG WORD. DIT SAL VANAF DONDERDAG 25 AUGUSTUS DIGITAAL EN 26 AUGUSTUS OP DIE RAKKE BESKIKBAAR WEES.

HIER IS ONS TOP 20

 

HOE WERK DIE WEDSTRYD?

Die ikoniese Huisgenoot Ma-en-kind-fotowedstryd uit die tagtigerjare is terug! As deel van ons eeufeesvieringe wil ons weer daardie mooiste kiekie-oomblikke tussen ma en kind vier. Een van ons lieflike ma’s en haar kleuter sal uiteindelik binne-in die tydskrif as die wenner onthul word en met die groot gesinsvakansie-prys van ATKV-Oorde wegstap. Maar hier sal álmal die geleentheid kry om hul spesiale foto-oomblikke met die wêreld te deel.

* Ons soek die mooiste ma-en-kind-foto-oomblik. Met ‘mooi’ word nie net die uiterlike bedoel nie. Elke ma en kind se liefde vir mekaar maak hul mooi, en dié gevoel straal uit hul foto’s. Dis die kwaliteit wat die paneel se aandag sal trek.

* Kinders tussen die ouderdomme van 2 en 6 jaar mag deelneem. Seuntjies en dogtertjies is ewe welkom! (Dis ’n ander dag Pappa se beurt!)

* Die wedstryd sal in twee fases plaasvind: eers die inskrywing– en dan die stemproses.

* Vul die inskrywingsvorm aanlyn in. Deelnemers kan hul inskrywings daarna op sosiale media deel en vra dat hul vriende hul foto’s beoordeel deur ons ster-stelsel te gebruik. Hierdie beoordelings sal in ag geneem word, maar nie bepalend wees, wanneer die Huisgenoot-paneel die Top 20 kies. Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is 8 Julie 2016 om 12 nm.

* Die Top 20, soos finaal gekies deur die Huisgenoot-paneel, sal 26 Julie 2016 hier bekendgestel word. Dan skop die die stemproses af. Nou sal Huisgenoot-gebruikers vir hul absolute gunsteling kan stem.

* Die uiteindelike wenner sal in die Huisgenoot-tydskrifuitgawe van 1 September onthul word! Die uitgawe sal vanaf 25 Augustus 2016 op die rakke beskikbaar wees. Die stemme van die land sal grotendeels in ag geneem word, maar die uiteindelike wenner sal deur die Huisgenoot-paneel gekies word.

* Maak seker jy mis niks deur Huisgenoot op Facebook en Twitter te volg!

* Maak seker van die wedstrydreëls hier.

HOE KAN JY INSKRYF?

Dis so maklik soos 1,2,3!

STAP 1: Kry die 3 gunsteling-foto’s van jou en jou pragkind gereed.

WAT OM TE ONTHOU WANNEER JY JOU INSKRYFFOTO’S KIES:
* Die foto’s moet in portretstyl, duidelik en nie groter as 4 MB wees nie.
* Onthou om ten minste twee nabyskote van jul gesigte in te sluit.
* Maak seker dat jy die kopiereg oor die foto’s wat jy inskryf, beskik.

STAP 2: Vul hierdie maklike inskryfvorm in en laai jou 3 foto’s maklik op.
Indien jy sukkel om jou foto’s opgelaai te kry, stuur ‘n e-pos na web@huisgenoot.com. Let wel, ons sal help om die probleem te probeer oplos, maar ons kan ongelukkig nie foto’s namens jou laai nie.

STAP 3: Deel jou inskrywing op Facebook, Twitter en Pinterest sodat jou vriende jou foto’s kan beoordeel deur ons ster-stelsel te gebruik. Dit sal help om jou onder die aandag van die Huisgenoot-paneel te bring!

WAT KAN JY WEN!

’n Eksklusiewe vakansie van 7 dae vir ‘n gesin van 4 ter waarde van R20 000 by een van die ATKV se drie mees gesogte selfsorgoorde in Suid-Afrika!

Die vakansie sal van 31 Maart tot 7 April 2017 geneem moet word. Die wengesin kan by een van dié volgende selfsorgoorde gaan kuier: ATKV-Klein-Kariba, ATKV-Goudini Spa, ATKV-Buffelspoort.

MEER OOR DIE ATKV-OORDE

ATKV-BUFFELSPOORT (naby Rustenburg)
Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort-vakansieoord. Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed-toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken. Ons kampeergeriewe is veral gewild.

Benewens ons vierbed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede … die volmaakte gesinsvakansie! Boonop bied die omgewing se rustigheid die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.

GarickvanStaden_BuffelspoortATKV-165 GarickvanStaden_BuffelspoortATKV-266GarickvanStaden_BuffelspoortATKV-58

ATKV-KLEIN-KARIBA (naby Bela-Bela)
Sowat negentig minute van Johannesburg, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe. Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.

’n Magdom aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos ’n restaurant, kitskos-afdeling en ’n goed-toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie.

Boonop lê ons op die Bosveld-toeristeroete wat ’n ideale basis is vir verskillende dagtoere. Met moderne fasiliteite vir groepe van tot 700 bied ATKV-Klein-Kariba se rustigheid en vreedsame stilte die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en konferensies. Of kom maak jou droomtroue waar in ons eie klipkapel met ’n betowerende waterval- of bostroue.

ATKV-Klein-Kariba –ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

GarickvanStaden_KleinKaribaATKV0316 GarickvanStaden_KleinKaribaATKV0586 GarickvanStaden_KleinKaribaATKV1540

ATKV-GOUDINI SPA (naby Worcester)
Geniet borrelende pret in die Wes-Kaap! Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.

ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak. Ons oord lê op die beroemde Roete 62, die grootste en uiteenlopendste wynroete ter wêreld. Daar is dus oorgenoeg om selfs die nuuskierigste avonturier tevrede te stel!

ATKV-Goudini Spa beskik oor uitstaande konferensiefasiliteite wat tot 800 konferensiegangers kan huisves. Ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal.

0502GarickvanStaden_GoudidniSPaATKV 1728GarickvanStaden_GoudidniSPaATKV 1735GarickvanStaden_GoudidniSPaATKV

  • Omdat dit selfsorgoorde is, moet wenners self voorsiening maak vir alle etes. Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite indien wenners daarvan gebruik wil maak. Beddegoed, handdoeke, toiletpapier en eetgerei word verskaf, maar geen vadoeke en seep nie. (sien volledige wedstrydreëls hier)

VIR MEER, BESOEK ATKV-OORDE EN VOLG ATKV-OORDE OP FACEBOOK

ATKV-Oorde Korporatief (Swart)_Jul 2015- resized